Amerikaanse, Chinese President gaan virtueel vergader

Die Amerikaanse President, Joe Biden, en sy Chinese eweknie, Xi Jinping, sal waarskynlik voor die einde van die jaar virtueel vergader. Dit volg op gister se vergadering van ses-uur tussen Biden se nasionale sekerheids-raadgewer, Jake Sullivan, en China se topdiplomaat, Yang Jiechi. ‘n Senior amptenaar van die Biden-administrasie het gesê die doel van die vergadering was om kommunikasie tussen die twee lande te verbeter en onnodige misverstande te vermy. Die amptenaar sê die beplande ontmoeting tussen Biden en Xi is ‘n belangrike stap om hierdie doelwit te bereik.