Amerikaanse CDC waarsku teen Covid-19 Delta-variant

Die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming het die Covid-19 Delta-variant as uiters ernstig bestempel met die vermoë om makliker as waterpokkies te versprei. ‘n Dokument in The Washington Post toon dat mense wat volledig ingeënt is, die variant kan versprei teen dieselfde tempo as mense wat nie ingeënt is nie. Die sentrum se direkteur, dr Rochelle Walensky, het aan internasionale media gesê dit is een van die mees oordraagbare variante wat bestaan, en dit is nie ‘n bangmaakstorie nie.