Amerika verbied invoere van China se Xinjiang-streek

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het wetgewing deurgevoer wat invoere van China se Xinjiang-streek verbied. Dit volg dae nadat die VSA ‘n diplomatieke boikot van die Beijing Winter Olimpiese Spele, weens menseregteskendings in Xinjiang, bekend gemaak het. Die wetsontwerp moet nou deur die Senaat goedgekeur word voordat President Joe Biden dit onderteken. Die speaker van die Huis van Verteenwoordigers, Nancy Pelosi, sê die Uyghur-wet op die Voorkoming van Dwangarbeid sal invoere van Xinjiang verbied, tensy die Amerikaanse regering kan bevestig die produkte is nie danksy dwangarbeid vervaardig nie.