Amerika stuur kern-duikboot na Midde-Ooste
‘n Amerikaanse kern-duikboot het in die Midde-Ooste aangekom. Volgens die Amerikaanse sentrale bevel is die duikboot van die Ohio-klas en is in sy verantwoordelikheidsgebied ontplooi wat die oostelike Middellandse See, die Rooi See, die Persiese Golf en die Golf van Oman insluit. Die kernaangedrewe vaartuie kan kernplofkoppe vervoer, maar dit is onseker of die besondere duikboot kern-ballistiese missiele aan boord het. Sky News berig die aankoms kan deel wees van Amerika se strategie om ander lande of groeperings af te skrik om Israel aan te val.