Amerika soek steeds na oorsprong van virus

Amerikaanse President Joe Biden het sy land se intelligensie-agentskappe opdrag gegee om die oorsprong van Covid-19 te ondersoek te midde van voortslepende onsekerheid daaroor. Volgens internasionale media het Biden gevra dat hulle binne 90 dae aan hom verslag moet doen. ‘n Nuwe verslag het weer vrae laat ontstaan of die virus in ‘n laboratorium in Wuhan in China ontstaan het. Andrew M. Slavitt, ‘n Amerikaanse sakeman en gesondheidsorgadviseur is aan die woord.