Amerika het die meeste Covid-sterftes ter wêreld

Syfers van die Johns Hopkins-universiteit toon sterftes in die VSA weens Covid-19 het die 700-duisend kerf verbygesteek. Nuusagentskappe sê dié wrede drempel volg te midde van ‘n gemiddelde van meer as ‘n duisend mense wat elke dag sterf, in ‘n land waar meer as 55-persent van die bevolking nou ten volle ingeënt is. Die VSA het die meeste sterftes in die wêreld aangeteken, en dit is by verre meer as ander voorlopers, soos Brasilië en Indië. Amerika staar ‘n nuwe vlaag van gevalle in die gesig weens die voorkoms van die hoogs-aansteeklike Delta-variant en entstof-traagheid en -ontkenning.