Amerika gryp in by hofsaak van gewese Saoedi-Arabiese intelligensieman

Die Amerikaanse departement van justisie se besluit om in te gryp by ‘n hofsaak teen ‘n gewese senior intelligensie-beampte van Saoedi-Arabië word as uiters buitengewoon beskryf. Saad Aljabri het vier jaar gelede na Kanada gevlug nadat hy die aartsvyand van sy land se kroonprins, Mohammed bin Salman, geword het. Hy word deur Amerikaanse intelligensie- en teen-terrorrisme-beamptes gerespekteer wat sê hy het waarskynlik duisende Amerikaanse lewens gered. ‘n Groep Saoedi-maatskappye onder die prins se beheer het in Amerika klagtes van geldverduistering teen Aljabri ingedien. Amerika se regering sê hy gryp in om geklassifiseerde inligting te beskerm.