Amerika gedenk vandag 11 September 2001

Amerika gedenk vandag die 20ste herdenking van die terroriste-aanvalle op 11 September. Byna drieduisend mense is op hierdie dag in 2001 dood toe vier teikens met vliegtuie aangeval is. Negentien Al-Kaïda-soldate het die vliegtuie gekaap en met twee in die Wêreld-handelsentrum in New York se twee torings vasgevlieg. Die twee torings het later ineengestort. Nog ‘n vliegtuig het die Pentagon in Washington getref. Die vierde was vermoedelik ook op pad na die hoofstad, maar het in Pennsilvanië neergestort nadat passasiers vermoedelik ingegryp het. Gedenkdienste word vandag op verskeie plekke in Amerika gehou.