Amcu: SA myngemeenskappe steeds arm

Die Suid-Afrikaanse mynbou-vakbond, Amcu, se president, Joseph Mathunjwa, sê mynbougemeenskappe is steeds baie arm in Suid-Afrika, alhoewel hulle omring word deur kosbare kommoditeite. Hy het gepraat tydens ‘n gedenkgeleentheid in Johannesburg vir 34 mynwerkers wat nege jaar gelede in Marikana, Noordwes dood is. Amcu eis die regering moet mynbou-ondernemings dwing om gemeenskappe te ontwikkel deur skole, huise en universiteite te bou voordat ‘n mynlisensie uitgereik word.