AmaZulu-prins en lyfwag in KwaZulu-Natal doodgeskiet November 25, 2022

Die polisie in KwaZulu-Natal is op soek na verdagtes nadat ‘n 63-jarige AmaZulu-prins en sy 33-jarige lyfwag Donderdagaand in Nongoma doodgeskiet is. Prins Mbongiseni Milton Zulu en sy lyfwag het ‘n familielid in die gebied besoek. Die polisiewoordvoerder, Jay Naicker, sê toe hulle op die punt was om te vertrek, het onbekende mans hulle aangeval en op hulle losgebrand.