Altzheimer se siekte onder die loep

Die Suid-Afrikaanse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling tree vanaf môre tot Vrydag in gesprek met gemeenskappe van Engcobo, Cofimvaba en Lady Frere in die Oos-Kaap oor Alzheimer se siekte. Dit is ter voorbereiding van Wêreld-alzheimers-dag op 21 September. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê hierdie dag word gebruik om bewusmaking te skep rondom die risiko’s wat met ouderdom gepaard gaan, maar ook om gemeenskappe op te voed oor Alzheimer se siekte wat by sommige mense reeds in hul vroeë 30’s kan begin