Alternatiewe markte vir skaapvleis ondersoek

Die Namibiese Landbou-unie sê die uitslae van die ondersoek na alternatiewe markte vir Namibiese skaapvleis is bekend. Die ondersoek is deur die Lewendehawe Produsente-organisasie en Hartlief uitgevoer. Volgens die NLU wil dit voorkom asof die mark vir been-in in Noorweë en vir been-in en been-uit in die Verenigde Arabiese Emirate en China die sterkste is. Maar die roete na China en die Verenigde Arabiese Emirate vir skaap is nog nie oop nie en daar is heelwat werk wat gedoen moet word om dit te realiseer. Die verslag sal vroeg volgende jaar bekend gestel word en daarna, sal die nodige stappe begin word.