Almal moet voordeel uit olie trek – Alweendo
Die Namibiese Internasionale Energiekonferensie is in die hoofstad tot môre aan die gang. Die konferensie gee aan beleidmakers, energieleiers en professionele persone in die bedryf regoor die Afrika-vasteland ‘n platform om meer insig in die vasteland se energiesektor te verkry. Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, het die konferensie toegespreek en sê die olie-ontdekkings in die land sal slegs voordelig sal wees as dit deursigtig en inklusief bestuur word, met die fokus op plaaslike inhoud en die betrokkenheid van die volgende generasie.