Almal moet voordeel trek uit hulpbronne, privaatsektor ook

Tydens die simposium oor hernubare energie wat deur die Bank van Namibië vanoggend gehou is, sê die hoofekonoom van die sentrale bank, dr. Emma Haiyambo dat Namibië moet verseker dat hulpbronne gepas bestuur word en dat die voordele aan gewone burgers oorgedra word. Sy sê Namibië sal die huidige minerale tantieme en belasting moet hersien om ‘n balans te verseker tussen die lok van beleggers en die beveiliging van optimale voordele vir die land…