Almal hou duim vas vir Banyana Banyana vandag

Terwyl die Brave Gladiators nie daarin geslaag het om vir die Afrika-kampioenskappe van Nasies vir Vroue in Julie te kwalifiseer nie, het Banyana Banyana nog ‘n kans. Die span se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle moet die tweede helfte vandag teen Algerië versigtig aanpak. Suid-Afrika is op die punt om te kwalifiseer nadat hulle Algerië Vrydag in Soweto 2-0 geklop het. Die top-vier van die Afrika-kampioenskappe van Nasies dring outomaties deur na Fifa se Wêreldbekertoernooi vir Vroue volgende jaar in Australië en Nieu-Seeland. Ellis sê hulle weet hoe belangrik hierdie wedstryd is: