Almal het ingeperk omdat China ingeperk het

‘n Britse professor in epidemiologie, Mark Woolhouse, het hewige kritiek teenoor Boris Johnson se regering uitgespreek in sy hantering van die pandemie. Die kwessie is in die nuus omdat Brittanje nuwe maatreëls, die wat Covid as endemies hanteer, bekend stel. Woolhouse sê die enigste rede hoekom daar inperkings was, is omdat China dit gedoen het.