Almal het die reg om ‘n huwelik te stig

Die Equal Rights-beweging van Namibië het vanoggend ‘n protesoptog gehou ter ondersteuning van huwelike vir die LGBTQ-gemeenskap. ‘n Saak word vandag in die Hoërhof aangehoor wat deur ‘n getroude paartjie van dieselfde geslag is. Hulle soek plaaslike erkenning vir hulle huwelik. Omar van Reenen, een van die stigters van die beweging sê die grondwet sê dit is enige persoon se reg om ‘n huwelik te stig.