Alles word in stryd teen dwelms gewerp, sê Nampol

Die jongste verslag van die Namibiese polisie, waar 148 verdagtes tydens Augustus gearresteer is vir dwelms van meer as 2 miljoen Namibiese dollar, wek groot kommer. Dwelmhandel in die land neem toe maar, Nampol se beamptes is ontplooi en talle geheime operasies word gehou. Monitering op die land se grense het ook verskerp. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga, woordvoerder van die polisie, sê alles word in die stryd gewerp om die misdaad te bekamp.