Alles nie verlore vir natuurlike diamante-bedryf

Die toenemende mededinging van goedkoper laboratorium-diamante met uitvoere van ongeslypte diamante vanaf Namibië wek kommer. Laer gerealiseerde pryse was egter ook te wyte aan swak wêreldwye vraag. In die tweede kwartaal vanjaar, het inkomste uit diamant-uitvoere jaar-op-jaar met 1,7 persent gedaal tot 3,9 miljard Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Willy Mertens, die uitvoerende hoof van Debmarine Namibia, oor die toekoms van natuurlike diamante.