Alles is reg vir die sporttoekennings die naweek

Die MTC en Namibiese Sportkommissie se jaarlikse sporttoekennings is om die draai. Die 18de Namibiese Jaarlikse Sporttoekennings vind Saterdag op Lüderitz in die Karas-streek plaas. Dit is ‘n byeenkoms waar sportlui se prestasies in verskillende kategorieë beloon en erken word. Freddy Mwiya, hoof-administrateur van die Namibiese Sportkommissie, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die reëlings vir die spog-geleentheid vorder.