Alle Russiese vlugte uit VSA se lugruim verbied

President Joe Biden het bevestig sy administrasie verbied alle Russiese vlugte, kommersieel en privaat, om in Amerika se lugruim te kom. Tydens sy eerste staatsrede in Washington, het Biden gesê dit sal Rusland verder isoleer en druk op sy ekonomie plaas. Die Europese Unie en Kanada het die week soortgelyke stappe aangekondig. Biden sê Rusland se President Vladimir Putin moet die prys betaal vir sy inval in Oekraïne: