Alle beleggings is riskant, nie net kripto-geldeenhede nie

Reaksie word ontvang op ‘n waarskuwing van die Bank van Namibië dat die publiek hulself moet weerhou van beleggings in kripto-geldeenhede. Volgens die sentrale bank, is die tipe beleggings uiters riskant. Coenie Botha, CBI Exchange se uitvoerende hoof sê die bank het ‘n reg om mense te waarsku maar, daar is risiko’s betrokke in alle beleggings.