Alle aanduidings is dat Trump 6 Januarie beplan het

Cassidy Hutchinson, die uitvoerende assistent van die voormalige personeelhoof van die Withuis, Mark Meadows, het in die openbaar voor die gekose komitee wat die 6 Januarie opstand ondersoek, getuig. Sy het bevestig dat oudpresident Donald Trump se prokureur, Rudi Giuliani wel geweet het van die opstand en dat daar geweld sou wees.

Sy sê daar was ‘n tydstip wat sy bang geword het, veral toe Meadows bevestig het dat dinge baie sleg kan raak.