All Blacks wen oortuigend in Auckland
Dit is 86-jaar en nege toetse sedert Suid-Afrika laas in Auckland gewen het, waar hulle in 2017 ‘n 57-0 pak slae teen Nieu-Seeland op die lyf geloop het. En vandag se Kampioenskapkragmeting het weer nie vir die Bokke ‘n oorwinning besorg nie, wat swak begin het en na net 15-minute met 17-0 agter was. Die rustydtelling was 20-3 vir die All Blacks, en die tuisspan het in die tweede helfte nog sout in die Bokke se wonde gevryf met ‘n bonuspunt-drie, vir ‘n eindtelling van 35 -20. Die Bokke het drie drieë gedruk, deur Malcolm Marx, Cheslin Kolbe en Kwagga Smit. Lukanyo Am sê lesse moet geleer word: