All Blacks-span aangepas vir Saterdag

Die Nieu-Seelandse afrigter, Ian Forster, het ‘n sterk span gekies wat Saterdag in die geskiedkundige 100ste toets teen die Springbokke in Townsville speel. Daar is agt veranderinge aan die beginspan wat verlede naweek teen Argentinië in die Rugbykampioenskap op die veld gedraf het. Sommige van die veranderinge sluit in die herroeping van Beauden Barrett op losskakel in sy 97ste toets. Scott Barrett en Brodie Retallick is terug as die slotte terwyl flank Akira Ioane en agtsteman Luke Jacobson by Ardie Savea as losvoorspelers aansluit.