All Blacks kuier in die Kruger-wildtuin

Rugby: Die All Blacks het tyd afgeneem voor môre se toets teen die Springbokke om die Kruger-wildtuin in Mpumalanga te besoek. Die spelers sê hulle tyd in die wildtuin was ‘n spesiale ervaring. Hulle het rooibokke, kameelperde, olifante en sebras gesien. Hulle het ook van aangesig tot aangesig gekom met die wilde weergawe van die springbok. Môre se wedstryd op die Mbombela-stadion begin om vyf-oor-vyf die middag.