All Black-speler sê span ignoreer ondersteuners se kritiek

Richie Mo’unga sê die All Blacks probeer om hul ontevrede ondersteuners se kritiek te ignoreer en eerder daarop te fokus om die Springbokke Saterdag op Ellispark in Johannesburg te klop. Mo’unga was nie in die Nieu-Seelanders se beginspan vir die laaste drie wedstryde nie, met Baueden Barrett wat bo hom op losskakel verkies is. Die span en Ian Foster, sy afrigter, is met kritiek gebombardeer, seder die reeks-nederlaag teen Ierland en verlede naweek se drag slae teen die Bokke.