All Black-span aangekondig

Rugby: Die All Blacks se hoofafrigter, Ian Foster, het die wedstrydgroep van 23 bekend gemaak vir Saterdag se openingswedstryd van die Rugbykampioenskap teen Suid-Afrika op die Mbombela-stadion. Samisoni Taukei’aho begin in die nuwe voorry as haker, saam met die vaskopstut Angus Ta’avao. Scott Barrett is ook terug in die span nadat hy van ‘n besering herstel het. In die agterlyn sal die vleuel Caleb Clarke die eerste keer in twee-jaar vir die All Blacks speel. Kaptein Sam Cane verwag ‘n taai wedstryd.