All Black-afrigter sê daar is altyd druk

Rugby: Die All Blacks se hoofafrigter, Ian Foster, sê daar is geen paniek onder die groep voor hulle vertrek na Suid-Afrika vir twee Rugby-kampioenskapswedstryde nie. Nieu-Seeland se trots is ernstig gekrenk in hulle eerste tuisreeks-nederlaag teen Ierland. Dit het gelei tot die afdanking van twee hulpafrigters, John Plumtree en Brad Mooar. Die druk is steeds op die Kiwi’s se afrigtingstruktuur, maar Foster sê dit is deel van die sport.