Alkoholverbod laat net onwettige handel toe

Suid-Afrika se verbod op die verkoop van alkohol het groot kommer plaaslik veroorsaak, veral omdat werksverliese weer kan voorkom. Die Self-Regulerende Alkohol Industrie-forum sê om alkoholverkope op te skort veroorsaak eenvoudig dat die onwettige handel daarin toeneem. Horst Heimstädt van die forum het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Heimstädt meen die deel van drankies uit dieselfde bottel of glas is deel van die grootste probleem in die land.