Algemene Onderwys-sertifikaat nou landwyd in SA ingestel

Die Suid-Afrikaanse minister van basiese onderwys Angie Motshega sê haar departement het stappe begin neem om die Algemene Onderwys-sertifikaat by skole regoor die land in te stel. Die sertifikaat sal leerders na 10 jaar van skoolopleiding, wanneer hulle graad 9 voltooi, toelaat om toegang tot die arbeidsmark te kry. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad, is aan die woord.