Albert Nicanor is nuwe Nascam-hoof
Die raad van die Namibiese Vereniging van Komponiste en Skrywers van Musiek, Nascam, het die aanstelling van Albert Nicanor as sy nuwe hoof uitvoerende beampte vanaf 1 Augustus aangekondig. Die aanstelling volg ná ‘n uitgebreide werwing- en keuringsproses gelei deur ‘n onafhanklike komitee. Nicanor moet die volle potensiaal van Nascam verwesenlik as ‘n toonaangewende bestuurs-vereniging wat toegewy is aan die bevordering van dienste aan die skrywers, komponiste en uitgewers van musiek. Nicanor sal die oorhoofse verantwoordelikhede vir die strategiese rigting, finansiële prestasie, operasionele bestuur en lang termyn groei van Nascam onderneem. ‘n Lid van die Nascam-raad Sula Kyababa het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…