Albert Fritz geskors oor bewerings van seksuele wangedrag

Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid en provinsiale DA-leier, Albert Fritz, is geskors na bewerings van seksuele wangedrag. Suid-Afrikaanse media berig onafhanklike bronne het bevestig aantygings van seksuele wangedrag is die kern van premier Alan Winde se stappe teen Fritz. Die voorsitter van die DA in die Wes-Kaap, Jaco Londt, het bevestig Fritz het versoek dat hy tot einde Februarie van sy pligte as provinsiale leier verskoon word. Die adjunkleier en LUR vir menslike nedersettings, Tertuis Simmers, sal waarneem as leier.