Alan se 50% verhogings deur minister verwerp

Die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni het die 50 persent salarisverhoging wat deur die Vereniging van Plaaslike Owerhede, bekend as Alan, voorgestel is, verwerp. Alan wou veral groot verhogings in toelaes gehad het. Katrina Shimbulu van die vereniging wou die verhogings vir raadslede, vir beide hulle salarisse en toelae gehad het. Uutoni sê ekonomiese uitdagings as gevolg van Covid is te groot om sulke aansienlike verhogings toe te staan. Voorgestelde verhogings sou ‘n burgemeester se loon van net meer as 88 000 dollar tot meer as 133 000 opgestoot het terwyl voorsitters van uitvoerende rade meer as 125 000 dollar sou verdien het.