Al wat in Cyril se pad staan is Phala Phala

Dit blyk ‘n bevinding deur die parlementêre paneel wat ondersoek instel of daar bewyse is vir ‘n ampsklag teen Cyril Ramaphosa, is die enigste uitdaging wat in die pad staan van sy herverkiesing as ANC-president. Dit is die mening van die skrywer en joernalis, Stephen Grootes. Die paneel moet vasstel of Ramaphosa enige oortredings begaan het wat die diefstal op sy Phala Phala-plaas in Limpopo betref, en wat ‘n ampsklag teen hom regverdig. Ramaphosa het 2 037 takke se ondersteuning gekry teenoor die 916 van die voormalige minister van gesondheid, Zweli Mkhize. Grootes sê die uitslag dui op die groot steun wat Ramaphosa landwyd geniet.