Al Shabab ontvoer seuns om hulle as soldate op te lie

Human Rights Watch sê militante wat met die Islamitiese Staat verbind word, het ‘n opstand gelei in die noorde van Mosambiek, en honderde seuns ontvoer en gedwing om as kindersoldate by hulle aan te sluit. Die jihadistiese groep, Al-Shabab, terroriseer sedert 2017 die gasryke Cabo Delgado-gebied in Mosambiek, in ‘n poging om ‘n kalifaat tot stand te bring. Volgens Human Rights Watch is talle tieners van so jonk as 12-jaar ontvoer en na oefenkampe geneem. Mosambiek se opstand het meer as 3 200 mense se lewens geëis, waarvan die helfte burgerlikes was. Minstens 800 000 mense is uit hul huise gedwing.