Al Pacino word pappa, op 83

Die Hollywood-akteur Al Pacino gaan op 83-jarige ouderdom die vierde keer pa word. Sy 29-jarige vriendin, Noor Alfallah wat in 2017 met die musikant Mick Jagger uitgegaan het, is agt maande swanger. Pacino het reeds drie kinders – twee by Beverly D’Angelo en een by Jan Tarrant. Hy is veral bekend vir sy rolle in die Scarface- en The Godfather-reekse. Pacino sluit by ‘n toenemende aantal ouer pa’s aan. Die akteur Robert De Niro het onlangs op 79 sy sewende kind verwelkom.