Al hoe meer SA-huurders word plakkers

‘n Verslag deur die TPN Kredietburo toon die aantal privaat huurders in Suid-Afrika wat as plakkers geklassifiseer is, het skerp toegeneem. Dit is inwoners wat vir drie agtereenvolgende maande geen huur betaal het nie. Die buro sê die Covid-19-pandemie het daartoe gelei dat sommige huurders die regeringsregulasies misbruik het wat ingevolge die Rampbestuurswet uitgereik is. Die regulasies het die uitvoer van enige uitsetting tydens die inperking verbied. Die buro het ook ‘n verswakking aangemeld in die aantal huurders wat ‘n goeie verhouding met hul verhuurders het.