Al hoe meer buitelandse vlugte vlieg weer na Kaapstad

Al hoe meer buitelandse lugdienste vlieg weer na Kaapstad in ’n tyd dat die plaaslike toerismesektor angstig gereedmaak vir die komende somer. Dié hoogseisoen is kritiek belangrik vir ondernemings wat staatmaak op toeriste vir ’n inkomste en sê hulle sal nie nog ’n swak seisoen oorleef soos wat hulle verlede somer midde-in die Covid-pandemie ervaar het nie. Lugdienste soos Emirates, Singapore Airlines, Lufthansa en Turkish Airlines het vlugte na Kaapstad heringestel het. British Airways beplan ook om van November af vlugte na Kaapstad in te stel. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *