Al-Attiyah gesels oor rekord-vyfde Dakar-oorwinning

Die 2023 Dakar het tot ‘n einde gekom. Dit was die derde oorwinning vir Toyota Gazoo Racing, met ’n Suid-Afrikaans-geboude Toyota Hilux bakkie in die hande van Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel. Al-Attiyah het ook sy vyfde Dakar oorwinning behaal. Giniel de Villiers en sy navigator, Dennis Murphy het algeheel vierde geëndig met Henk Lategan en sy navigator, Brett Cummings in die vyfde plek. Al-Attiyah het met die media gepraat.