Aktivis: Riverside-vulstasiewerkers se salarisse dikwels laat

Volgens die NEFF-aktivis, Michael Amushelelo word die meer as 30 werknemers by die Total Riverside Total-diensstasie in die Eros-woonbuurt in Windhoek, se salarisse gereeld laat betaal. Die werkers het vanoggend vir ‘n wyle gestaak totdat hul Desember-salarisse inbetaal is. Die werkers beweer verder onbillike arbeidspraktyke. Amushelelo sê aan Kosmos 94.1 Nuus die eienaar is met vakansie in Suid-Afrika.

Amushelelo sê hy sal altyd saam met werkers staan wat onregverdig behandel word.