Akteur Kevin Spacey moet U$31 miljoen opdok vir House of Cards

Die Amerikaanse akteur Kevin Spacey moet die vervaardigers van House of Cards 31 miljoen Amerikaanse dollar betaal vir die koste verbonde daaraan om hom uit die reeks te verwyder. Spacey, wat die hoofrol in die reeks vertolk het, is verwyder nadat ‘n bom oor sy kop gebars het ná bewerings dat hy hom seksueel wangedra het teenoor jong produksielede wat aan die reeks gewerk het. Hy is reeds in November verlede jaar beveel om dié bedrag te betaal, maar Spacey het daarteen geappelleer. Sy versoek is deur ‘n regter in Los Angeles van die hand gewys.