Akkerbouraad sluit grense vir verskeie produkte

Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n verbod op die invoer van waatlemoen ingestel omdat plaaslike produsente nou met hulle oeste begin. Volgens die raad mag geen waatlemoenproduk tussen 1 en 30 November oor die grens ingevoer word nie. Spanspek is hierby ingesluit. Koolinvoere is ook verbied, sedert September, en Engelse komkommer, uie en mielies mag ook nie ingevoer word nie. Die verbod op patats is geldig tot 15 November en in verband met blaarslaai, mag net 20 persent van plaaslike vraag ingevoer word. Verskeie ander produkte word ook beperk, wat skorsies, botterskorsies, tamaties en aartappels insluit.