Akkerbouers sal minder winste verdien

Nes Namibië se akkerbouprodusente op dreef gekom het en reeds 48 persent van die plaaslike vraag voorsien, hou die heersende ekonomiese toestande nuwe bedreigings vir die sektor in. Ontledings toon dat hulle winsmarge ‘n knou kan kry met die stygende insetkoste. Kunsmis het in Suid-Afrika 128 persent duurder geword en het verlede jaar internasionaal met 155 persent gestyg. Plaaslik is die petrolprys 51 persent duurder en diesel, 60 persent duurder, vergeleke met 12 maande gelede.