Akkerbou Produsentevereniging doen proewe op verskillende gewasse

Die Akkerbou Produsentevereniging gaan proewe op verskillende gewasse doen om ’n geleentheid tot diversifikasie vir akkerbouprodusente te skep. Dié langverwagte proewe het sopas in die Grootfontein-omgewing begin. Die proewe sal onder droëland en besproeiingstoestande in verskillende produksiesones gedoen word, naamlik die Mieliedriehoek, Summerdown, Hochfeld en Hardap.