Akani Simbine lei SA atletiekspan na Afrika-kampioenskap

Atletiek: Die naelloper Akani Simbine gaan Suid-Afrika lei na die Afrika-kampioenskap wat volgende maand in Mauritius plaasvind. Die Olimpiese 400 meter goue medaljewenner, Wayde van Niekerk, kon nie oorweeg word nie, nadat hy ‘n besering opgedoen het. Nog ‘n Olimpiese atleet, Caster Semenya, gaan aan die 5 000 meter deelneem. Ander lede van die sterk Suid-Afrikaanse span sluit in die gewigstoot-atleet, Kyle Blignaut, die 200 meter-uitblinker Clarence Munyai, die 5 000 meter Suid-Afrikaanse rekordhouer, Elroy Gelant, en die naelloper Henricho Bruintjies.