Airlink hofsaak onttrek, net kostes word bepaal

Die saak waar SA Airlink Air Namibia hoërhof toe sleep is vandag deur regter Harold Geier uitgestel tot 30 Junie om ‘n bepaling oor ‘n kostebevel te maak. Dei saak is in Maart opgeskort. Airlink het Air Namibia in die hof gedaag oor wat hy beskryf as onregverdige pryse op Air Namibia se Windhoek-Kaapstad roete. Volgens Airlink is die saak nou bloot akademies omdat Air Namibia nie meer bestaan nie. Regter Kobus Miller het die redery op 26 Februarie in voorlopige likwidasie geplaas en die bevel is finaal gemaak 26 Maart. Dave Bruni en Ian McClaren aangestel as die likwidateurs van die redery.