Air Namibia-werknemers sê daar’s geld maar, nou ‘n stryery oor die bedrag

Die voormalige werknemers van Air Namibia wat verlede week opgeruk het na die bankrot redery se hoofkantoor en daar gekamp het, het die perseel verlaat. Hulle eis betaling van hulle skeidingspakkette ter waarde van net meer as 105 miljoen Namibiese dollar. Volgens hulle woordvoerder Renier Bougaard, is hulle ingelig dat daar genoegsame fondse is om hulle betaal, maar hy sê nou is die uitdaging die hoeveelheid wat hulle moet kry.