Air Namibia-werknemers sal betoog vir pakkette

Voormalige Air Namibia-werknemers beplan om ‘n betoging te hou nadat die regering nie hul skeidingsloon betaal het nie waarvoor werknemers van verlede jaar af wag. Dit volg nadat die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, reeds bevestig het dat die pakkette by die likwidateurs berus en nie die regering nie. Die regering het reeds hul laaste salarisse betaal. Meer as 635 werknemers wag nog vir geld. Renier Bougard, ‘n voormalige werknemer van Air Namibia, sê hulle is moeg om te wag en hulle meen die enigste oplossing is ‘n betoging. Op die oomblik is die datum en plek nie gefinaliseer nie, maar hulle is steeds besig om die protes-optog te reël.