Agt Namibiese jagluiperds op pad Indië toe

Die memorandum van verstandhouding wat deur die regerings van Namibië en Indië onderteken is, is daarop gemik om samewerking in biodiversiteitsbewaring en volhoubare wildbestuur en -bewaring te fasiliteer. Die twee lande poog om die bewaring en herstel van jagluiperds in hul voormalige gebiede waar hulle uitgesterf het, te bevorder. Dr. Laurie Marker van die Cheetah Conservation Fund by Otjiwarongo het ‘n belangrike rol in dié projek gespeel. Namibië is besig om permitte te fasiliteer vir agt jagluiperds om na Indië uitgevoer te word, sê die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda.